NEWS

PUMAS o/18 Coca-Cola Cravenweek Span word "ge-cap"

PUMAS - CRAVENWEEK NUUS: | 26 Junie 2014 (Ermelo)

PUMAS o/18 Coca-Cola Cravenweek Span word "ge-cap"FOTO: Die 2014 PUMAS Coca-Cola Cravenweekspan en sy bestuur na hulle finale oefening voor die by Hoerskool Ermelo.

Op Woensdagaand, 25 Junie, het 2014 se Mpumalanga O/18 Coca-Cola Cravenweekspan tydens n baie goed georganiseerde oorhandigingseremonie by Ligbron Akademie in Ermelo hul klere ontvang. So ook die ander Puma spanne.

Die hoof uitvoerende beampte van die Mpumalanga Rugby-Unie, mnr. Koos Kruger, het in sy toespraak gesê die seuns moet onthou dat rugby ‘n spansport is en dat hulle sukses sal bereik as hulle vir mekaar omgee en vir mekaar speel. Hy het die glorieryke hou wat Gary Player jare gelede in die Britse Ope gemoker het met sy 3-hout as voorbeeld genoem van hoe belangrik dit is om elke oomblik voluit te leef en alles te gee op die speelveld.

Die afrigter van die O/18-Cravenweek span, meneer Gert van der Westhuizen, het tydens ‘n gesprek na afloop van die laaste oefening kort voor die klere-oorhandigingseremonie gesê dat daar hierdie jaar ‘n baie sterk spangees onder die seuns is en groot opgewondenheid heers in die hele kamp onder die PUMAS skole-agrigters en bestuur.

Hy het verder gesê dat dit die mees verteenwoordigende skolespan is wat nóg gekies is deur die PUMAS. Alhoewel dit nuwe uitdagings bring omdat daar soveel verskillende skole en nuwe spelers betrokke is voel hy dat die sterk spangees die deurslag sal gee en sien hy uit na ‘n opwindende 2014 Coca-Cola O/18 Cravenweek.

Op die vraag of die feit dat die toernooi in Mpumalanga aangebied word ‘n faktor gaan wees, het Van der Westhuizen gesê dat die addisionele druk om voor ‘jou tuisskare te speel beslis gebruik sal word as aansporing en die seuns sal motiveer om hulle beste spel te lewer.

Van der Westhuizen het verder gesê dat die PUMAS se derde plek op die Cravenweek ranglys beteken dat ons eerste teen al die groot unies sal speel. Dit skrik hom nie af nie want die span is goed voorbereid. Hy het ook glimlaggend gesê dat as jy die Cravenweek wil wen moet jy in elk geval al die spanne teen wie jy te staan kom wen.

Hy wou nie graag spelers uitsonder nie maar het gesê dat die slotte Driaan Bester en Ian Joubert, die skakelpaar Stephan Enslin en Muller Joubert, die vleuels Siyabonga Nkosi en Mfundo Ndlovu en natuurlik, die heelagter Barend Smit beslis kan dopgehou word.

Die kaptein van die 2014 PUMAS O/18 span is Barend Smit van HTS Middelburg en Oscar Shuld, van Hoërskool Nelspruit, is die onderkaptein.

Jay J Botes | PUMAS Kommunikasie | 26 June 2014

MAIN SPONSORS OF THE STEVAL PUMAS

steval
brutal
Rugged Wear
powerade

For the latest information on Fixtures & Results follow us on twitter @PumasRugbyUnion or LIKE us on Facebook www.facebook.com/PumasRugbyUnion.


Site developed & managed by sikhatsi.com | all rights reserved - sikhatsi.com