NEWS

STEVAL PUMAS B vs Griquas b (friendly):

STEVAL PUMAS se 2des ry Kimberley toe vir oefen wedstryd | 2 Julie 2014

STEVAL PUMAS se 2des ry al die pad Kimberley toe vir oefen wedstrydFOTO: By Emile Hendricks.

Die STEVAL PUMAS se B span het gister middag met net n paar van die gereelde beginners uit die A Span waaronder De-Jay Terblanche op Loskop in gespan is, JC Roos op Losskakel, Snake Nyoka (9), Marius Coetzer op slot en Jacques Momberg op Haker. Terblanche het uitsonderlik goed gevaar op Losskop maar Roos het drie belangrike skoppe gemis.

"n Mens moet ook onthou dat in so n oefen wedstryd skop ons baie kantlyn toe om drywe te oefen" het Jimmy Stonehouse gese gisteraand op die Lughawe in Kimberley. Jimmy het gevoel die span baie goed geskrum het en uitsonderlik goed gevaar het in die lynstane. Stonehouse was nogal verbaas oor die sterk span wat die Griekwas gekies het teen die nuwelinge en ongereeldes van die STEVAL PUMAS.

Die span van die Griekwas het manne soos hulle kaptein Ryno Barnes, Howard Mnisi, Nico Scheepers, Rocco Jansen, Marnus Schoeman en Willem Serfontein

"Ons het in die laaste minuut verloor as gevolg van n verbroude duikslag deur Cassiem wat na n drie gelei het" se Stonehouse verder maar die hoof afrigter van die PUMAS praat met groot lof van die nuwe manne wat getoets is in gister se vriendskaplike kragmeting in Kimberley.

Die PUMAS het sonder negentien van die spelers wat teen Griekwas in die Vodacom Beker gespeel het gister middag die span van Kimberley aangedurf. Dit was dan ook sonder PUMAS wat by die Leeus Super Rugby diens verrig.

Al was die finale telling 27 vs 26 in die guns van die Kimberly Manne voel Stonehouse gelukkig oor die vertoning en veral die vordering wat die nuwe manne maak. Spelers wat uitgeblink het volgens die breier van die PUMAS is De-Jay Terblanche in sy ongewone rol op Loskop en die Nuweling JJ Breet.

GWK GRIEKWAS B: Nico Scheepers, PJ Vermeulen ©, Neil Marais, Rocco Jansen; Marais Schmidt, Poerie van Rooyen; Conway Pretorius, RJ Liebenberg, Carel Greeff, Willem Serfontein, Stephan Greeff, Stephanus Pretorius, Ryno Barnes, Janro van Niekerk.
Reserwes: Simon Westraadt, Luxolo Xhosa, Marnus Schoeman, Abrie Griesel, Howard Minisi, Logan Basson.

STEVAL PUMAS B: Heinrich Steyl; Deon Scholtz, Ashwin Scott, Dewald Pretorius, Marcello Sampson; JC Roos, Snake Nyoka; Doppies le Roux, JJ Breet, Brian Shabangu, Marius Coetzer, Marco Kruger, Pieter Stemmet, Jacques Momberg, Dee-Jay Terblanche.
Reserwes: Swys du Toit, Vlooi Kotzé, Elardus Venter, Uzair Cassiem, Jaco Bouwer, Oupa Herbst, Justin van Staden, Wilmaure Louw.

Jay J Botes | PUMAS Kommunikasie | 03 Julie 2014

MAIN SPONSORS OF THE STEVAL PUMAS

steval
brutal
Rugged Wear
powerade

For the latest information on Fixtures & Results follow us on twitter @PumasRugbyUnion or LIKE us on Facebook www.facebook.com/PumasRugbyUnion.


Site developed & managed by sikhatsi.com | all rights reserved - sikhatsi.com